about

wie is gian

GIAN GROEN is die verhoognaam van Gideon Hanekom, gebore in die mid 70’s in Stellenbosch en is vandag woonagtig op Grabouw in die Wes-Kaap in ‘n plaashuis met verganklike kunssinnige karakter tussen die oorvloedige vrugteboorde. Sy eie stukkie hemel en inderdaad ook sy stukkie skrywers-paradys.

Op die ouderdom van so om en by 2 jaar kry die kleuter-knaap sy heel eerste kitaartjie present en uitstaanspoor was dit waar sy voorliefde vir kitaarspeel indirek begin, benewens die feit dat hy opgroei in ‘n huis met Pa wat Charles Jacobie perfek namaak op sy eie kitaar, Ma wat ‘n geswore orrel junkie is en dan ewenwel die outentieke platespeler wat die huisgereeldelik met die musiek van Elvis vul.

In sy tienerjare leer Gian se pa hom 3 basiese drukke op sy kitaar sodat hy sy eersteliedjie “Suikerbossie” volmaak kan saamspeel. Min het hy hier besef dat dit die sleutel was van sy fenominale musiekloopbaan in die Afrikaanse musiekbedryf.

Hoekom, weet niemand tot vandag toe nie, maar na sy matriekjaar op Grabouw gaan studeer hy landbou en werk vir paar jaar na sy studies as pluimveeteler in die Swartland. Die hele geswot en gewerk spul is totaal irrelevant in sy lewe, aangesien die jonger Gian Groen veelste verslaaf is aan Rock en Roll om met hoenders te wil boer.

Gian Groen het sy loopbaan in die musiekbedryf in 1999 begin as liedjieskrywer en voorsanger van die eertydse rockgroep “Spinnekop”. Hierdie arachniese vierstuks het gehore regoor die land, veral studente, aan die “boogie” gehad met hul unieke vorm van boere rock en roll met treffers soos “Binneland In” en “Tiger en Louise”.

In 2000 stel “Spinnekop” hul eerste 6 snit EP getiteld, “Soet September” bekend en sowat twee jaar later hul eerste vollengte album getiteld, “GroenKitaar”wat deur die Beeld aangewys is as rock album van die jaar.

‘n Fenominale deurbraak in Gian Groen se musiekloopbaan vind plaas toe Laurika Rauch besluit het om Gian se “Vier Seisoene Kind” op te neem. Dit dien as aanspooring tot hoër hoogtes asook die skryf van talle nuweliedjies wat gereeld voortvloei uit sy kreatiewe pen. Hierna was daar talle versoeke deur bekendes waaronder Theuns Jordaan, Kurt Darren en Dozi om van Gian Groen se liedjies op te neem.

Gian se eerste solo album getiteld: “ Met die maan gepla” is in 2004 uitgereik en ‘n tweede een getiteld: “Lied van die Engele”, waarvan daar ook ‘n verhoogproduksie by KKNK te sien was, het in 2006 die lig gesien. Gian se laaste CD produksie,” Welkom in Somersburg”, is in 2008 vrygestel en die volgende een, “Stiltetyd” is pas voltooi.

Groen vier van jaar sy 13de bestaansjaar as ‘n voltydse musikant. Met vyf CD prokuksies en nominasies as, onder andere, beste nuweling by 2003 se GMT en beste liedjieskrywer asook beste Afrikaanse rockalbum in 2005 en 2006 en twee herhaalde uitnodigings om op te tree by Huisgenoot Skouspel, is Gian Groen beslis ‘n gevestigde naam in die SA musiekbedryf. Hy is ‘n hoogs dinamiese kunstenaar wat vrylik rondbeweeg tussen ‘n verskeidenheid van genres en die aandag van oud en jonk kan trek.

Van jonks af is hy ‘n groot liefhebber van die werk van die Liedjieboer – Anton Goosen en ook van André Le Toit oftewel beter bekend as Koos Kombuis.

Later ontwikkel hy ook smaak vir die vars klanke in die Afrikaanse musiekmark van Valiant Swart wat as inspirasie dien in Gian se werk.

Musikale invloede in Gian Groen se vroeër sangloopbaan word derhalwe sterk aangevoer deur Anton Goosen, Koos Kombuis en Valiant Swart, wat heel prominent hoorbaar was in sy eerste band genaamd “Spinnekop”.

Baie gepas het Gian Groen onlangs na meer as 4 jaar weer ‘n nuwe album opgeneem, genaamd – “Stiltetyd”

Elkeen wat Gian (die Rocker) nou al vanaf die goeie ou “Spinnekop” dae af volg, is in vir ‘n groot verrassing.

Stiltetyd is totale nuweklank en genre in die stal van Groen, en in sy eie beleidenis sê Gian: “Ek het na my wedervaringe in my eie mensword en stilraaktyd uiteindelik my nichè in die Afrikaanse musiekmark gevind…”

Daar is weg gedoen met die bepaalde rock en die kitare-klanke en hy fokus nou op ‘n baie meer klavier en akkoesties gedrewe en rustige gevoel in sy nuwe musiek.

Stiltetyd is ‘n rustige 12 snit album gevul met die mooiste ballades. Tien van die snitte is uit Gian se eie pen. Dan is daar ook ‘n Lucas Maree tribute song – “Die tyd stap aan” sowel as ‘n ou invloedryke Valiant Swart song opgeneem wat dien as so tikkie afwisseling op die album.

Die huidige ‘Gian Groen Band’ het ontstaan uit die eertydse “Spinnekop” band.

Van die oorspronklike bandlede het ander geleenthede in die buiteland (Nederland) gaan ontgun, terwyl Gian intussentyd bekendheid as liedjieskrywer verwerf het met songs soos onderandere die bogenoemde Vier Seisoene Kind.

Benewens optredes met sy volle band, doen Gian Groen ook baie gereeld optredes by kleiner intiemeTeaters en kuierplekke waar hy ongeprop as solo kunstenaar optree, en soms vir afwisseling slegs sy kitaar of klavierspeler saam nooi na hierdie sessie-optredes om hom te begelei.

Vir Gian Groen is dit ‘n nuwe tydvak, ‘n nuweklank en ‘n nuwe begin in sy musiekloopbaan, en sonder twyfel word aangevoer dat hierdie beskeie en uiters talentvolle sanger, liedjie skrywer en musikant gewis ‘n geswore patriotiese aanwins in ons musiek mark is!